Barrydale Online

Village Newspapers Online

Route 62 - Barrydale

Barrydale, the perfect weekend getaway on Route 62. A beautiful 2½ hour drive from Cape Town.  We offer a marvelous selection of accommodation, restaurants and delightfully different shops.
Kersafsluiting by Barrydale Biblioteek vir Klub Ebenhaezer

Ebenhaezer Klub Barrydale, Kersafsluiting 2011

Barrydale Biblioteek wat maandeliks vir hierdie Klub se lesers biblioteekboeke neem het dit al 'n instelling gemaak om 'n Kersfeesgeselligheid by die Biblioteek te hou.  Vanjaar was dit 'n heerlike oggendtee met keurige versings. Die Kersboodskap vir 2011 was "wees 'n Lig"  en "leef die boodskap van gee"  uit. Elke lid het 'n kartonhouer ontvang wat hul moes vou en toe is daar geskenke gegee 'n handgemaakte kerskaartjie, 'n handgeverfde kers, 'n gehekelde sakkie met seep, 'n ster(origami-kuns), vrugtekoek, 'n tydskrif en 'n reuseprotea. Hierdie funksie was moontlik gemaak deur lede van die publiek wat bereid was om te gee en ons kan net namens elkeen wat ontvang het, baie dankie sé.  Die oggend is afgesluit met 'n DVD-vertoning van André Rieu se 100 Best Moments. Ja, die kersliedere is luidkeels saamgesing.